Ons glo elke leerder verdien aandag, begeleiding en aanmoediging elke stap van die pad.
Moderne digitale leer
Toegang tot 'n gebruikersvriendelike leerplatform wat leer maklik, interaktief en effektief maak.
Afrikaans eerste
Volledige Afrikaanse leerervaring met gehalte-inhoud wat op ons kultuur en waardes bou.
Leer teen jou eie tempo
Struktureerde maar buigsame onderrig wat by jou kind se unieke behoeftes en ritme aanpas.
Elke tree van die pad
Registreer
Voltooi die aanlyn aansoek om jou belangstelling te bevestig.
Ons kontak jou
Voltooi die aanlyn aansoek om jou belangstelling te bevestig.
Vlakbepaling en advies
Ons doen 'n vlakbepaling en gee persoonlike advies oor die regte pad vir jou kind.
Aanvaarding en registrasie
Sodra ons bevestig het dat LigHoog die regte passing vir jou kind is.
Toegang tot platform
Jou kind ontvang toegang tot die LigHoog leerplatform en hulpbronne.
Begin leer
Jou kind begin met gestruktureerde onderrig, en ons is elke stap van die pad saam met julle.
Ons toegewyde span
Hagen Binding
Senior Opvoedkundige, Tuisskool en Produkadviseur
Yvonne Binding
Toelatings en Registrasie
Salomi Boshoff
Kurrikulum en Inhoudsinnovasie
Sanel Pool
Akademiese Sake
Gereelde Vrae
Wat is LigHoog Akademie?LigHoog Akademie is ’n Afrikaanse digitale tuisonderrigplatform wat leer, persoonlike ondersteuning en moderne tegnologie kombineer om leerders te help om hul volle potensiaal te bereik.
Vir watter grade is LigHoog Akademie beskikbaar?Ons fokus aanvanklik op leerders vanaf Graad RR tot Graad 9, met verdere uitbreiding na hoër grade soos die akademie groei.
Hoe werk die aanlyn leerplatform?Leerders kry toegang tot ons gebruikersvriendelike leerplatform waar lesse, aktiwiteite, assesserings en ondersteuning op een plek beskikbaar is. Hulle kan teen hul eie tempo werk, met begeleiding wanneer nodig.
Moet ouers onderwysers wees om hul kinders te help?Glad nie. Ons platform en ondersteuningspan is ontwerp om ouers elke tree van die pad te help. Jy hoef nie ’n gekwalifiseerde onderwyser te wees om jou kind se leerreis te ondersteun nie.
Hoe skryf ek my kind in?Voltooi eenvoudig die aanlyn aansoekvorm. Ons span sal daarna met jou kontak maak om jou kind se behoeftes te bespreek en die beste leeropsie aan te beveel.
Wat maak LigHoog Akademie anders?Ons glo in persoonlike ondersteuning, Afrikaanse onderwys van gehalte en ’n leerervaring wat tegnologie met menslike betrokkenheid kombineer. By LigHoog is jou kind nie net ’n nommer nie — ons stap saam met elke leerder en ouer.